Waar kan ek betrokke raak?

Ons gemeente het vier bedieninge en drie taakspanne waar jy betrokke kan raak:

Erediensbediening:

Stel jy daarin belang om saam te dink oor en te beplan aan ons eredienste? Of wil jy graag jou gawes gebruik om in die eredienste diens te lewer deur saam met ons sanggroep te kom sing, musiek te maak, die dankoffer op te neem, saam te dink hoe om ons erediensruimte so in te kleur dat mense kn ervaar dat God hier teenwoordig is? Kontak dan vir Talita Oberholster by 0826756596.

Talita Oberholster

Talita Oberholster

Erediensbediening

Koinonia- en Sorgbediening:

Is dit vir jou heerlik om saam met ander mense te kuier en gee jy ook om oor hulle welstand? Is die senior mense in die aftree-oorde in ons omgewing vir jou belangrik? Dan is ons Koinonia- en Sorgbediening dalk die bediening waar jy moet inskakel. Ons reël al ons gemeente se kuier- en saamweesfunksies. Ons is ook verantwoordelik vir die verspreiding van kos en ander hulpmiddele aan ons mense in nood. Kontak vir Evette van Wyk (072 318 7700) of Rolin du Toit (071 869 4962) om hier in te skakel.

Evette van Wyk

Evette van Wyk

Koinonia en sorg

Toerusting- en vormingbediening:

As jy verstaan dat geloof nie net oor die hemel gaan nie, maar ook oor hoe om hier op aarde as mens te groei en ontwikkel, is hierdie bediening vir jou. Hier gaan dit oor proaktiewe lewensvaardighede (“keer dat die wiele afkom…”) en reaktiewe lewensvaardighede (as die “wiele wel afgekom het”), waardes en deugde, lewens-gewoontes en die hantering van uitdagings, vrese, emosies, en so meer. Hierdie is alles vaardighede wat volwassenes en kinders moet aanleer. Daarom is ons jeugbediening deel van hierdie bediening. Kontak vir Hannes van der Walt (082 643 2562) as jy hier wil kom inskakel en saam kom dink.

Hannes van der Walt

Hannes van der Walt

Lewensvoorbereiding en vorming

Missionale bediening:

As jy ‘n hart het vir ons omgewing en vir ‘n wêreld in nood, is hierdie bediening vir jou. Ons kyk hier na die studente op die mediese kampus, na skole in ons omgewing, na die personeel in die Steve Biko-hospitaal en na die Melgisedek-uitdaging in ons omgewing. Ons reel ook die “Kom ons eet saam”-etes vir lidmaat en nielidmaat. Kontak vir Martien Bac (079 589 6688) as jy hier wil inskakel.

Martien Bac

Martien Bac

Missionale bediening

Taakspanne:

Dalk lê die kommunikasie van die gemeente na binne en na buite vir jou na aan die hart. Kontak dan vir Heinrich Ohlhoff as jy hier wil inskakel – 072 174 2103.

Heinrich Ohlhoff

Heinrich Ohlhoff

Kommunikasie

Hou jy daarvan om geboue op te knap en ‘n terrein vriendelik te kry? Kontak dan ons eiendomtaakspanleier: Sean Macmillan – 082 865 7901.

Sean Macmillan

Sean Macmillan

Eiendomme

Het die Here jou die gawe gegee om goed met geld te werk? Dan het ons Finasiestaakspan jou nodig. Kontak vir Johan Oberholster by 082 452 0196.

Johan Oberholster

Johan Oberholster

Finansies

Is die ondersteuning van predikante en personeel jou ding? Kontak dan vir Cornel Uys, ons Diensverhoudingetaakspanleier: 082 499 7577.

Cornel Uys

Cornel Uys

Diensverhoudinge taakspan