Belangrike Inligting en Reëlings

Nuwe Intrekkers:

Vul die toepaslike vorm, verkrygbaar by die kerkkantoor, in en plaas dit in die rooi posbus aan die westekant van die kerkgebou of gee dit by die inligtingslokaal of kerkkantoor in. Die vorm is ook op Sondae by die inligtingslokaal beskikbaar.

Doop:

Doopgeleenthede word op die almanak aangedui en vind normaalweg elke 2de Sondag van die maand plaas. Kontak u leraar en vul ook die doopvorm in (by die kerkkantoor en die inligtingslokaal verkrygbaar).

Siektes, sterftes en begrafnisse:

Verwittig u leraar of kerkkantoor persoonlik.

Huwelike:

Skakel so gou moontlik met die leraar of die kerkkantoor om die nodige reëlings ten opsigte van die huweliksbevestiging te tref.

Voorbidding:

Kontak gerus die kantoor.

Beskikbaarheid vir afsprake:

In Riviera-Jakaranda Gemeente doen die predikante graag besoeke én ontvang mense in hulle onderskeie spreekkamers. Om uitvoering aan hierdie aspek van hulle roeping te gee, is dit belangrik dat hulle van behoeftes in dié verband in kennis gestel word. Lidmate word dus hartlik uitgenooi om óf via die kerkkantoor óf deur direk een van die leraars te skakel, ‘n afspraak of besoek te reël.

Muurbal