Welkom Tuis

Nederduitse Gereformeerde Kerk Riviera-Jakaranda

Staande op die Beloftes,
Elke oomblik ontvanklik vir die Gees se oproep,
Rustig in my Redder – my alles in alles,
Staande op die beloftes van God.

Droom
van ‘n wêreld wat heel is.

Vertrou
God wat in Jesus en deur die Heilige Gees die wêreld heelmaak.

Streef
om familie vir die wêreld te wees waar mense verwelkom, vernuwe en verteenwoordigers van God se liefde gemaak word.

Leef
oop, leerbaar, betroubaar en vol deernis.

Jy is welkom net soos wat jy is!

Elkeen van ons het ‘n behoefte aan aanvaarding. Jy wil êrens tuis wees. Jy wil tog nie eers probeer om iemand anders te wees om aanvaar te word nie. Die Here Jesus bewys gelukkig dat God ons aanvaar soos ons is. Ons hoef daarom nie langer voor te gee om te wees wat ons nie is nie. Riviera-Jakaranda is ‘n gemeente wat vir jou so ‘n tuiste bied. Riviera-Jakaranda is ‘n gemeente waar jy aanvaar word net soos jy is. Maar dit is ook ‘n gemeente waarin die Gees van God ons nie wil laat staan net soos ons is nie. Die Gees wil ons in God se lig nuut laat leef.

Kom word deel van God se gesin…