Seniorbediening

Ons kom by mekaar as gemeenskap

Die seniorbediening van die gemeente funksioneer as ’n verlengstuk van die gemeente se diens na die gemeenskap.

Hierdie bediening sluit die volgende instansies in: Ons Tuis, Seniordal, Villa Rose en Annie Schilz.

Ons kom weekliks bymekaar en die byeenkomste neem verskillende vorme aan: Van hulle is in die vorm van ’n Bybelstudie en ander word gekoppel aan ’n kort boodskap van bemoediging.

ʼn Verdere deel van die senior bediening is huis- en hospitaalbesoek.

Die byeenkomste vind op die volgende dae plaas:

  • Maandae
    • Seniordal 14:30
    • Huis Herberg 11:00
  • Dinsdae
    • Ons Tuis 09:15 – 10:15
    • Annie Schilz 14:30
  • Donderdae
    • Villa Rose 14:15

Daar vind elke tweede Sondag van die maand om 10:00 ’n erediens plaas en wel by Seniorstuis Dienssentrum (op Ons Tuis se terrein). Elke tweede maand word daar ook nagmaal bedien. Almal is welkom by hierdie dienste!

Vir meer inligting skakel gerus die kerkkantoor of vir Stanwin Street.

Dr Hein Wiegand

Dr Hein Wiegand

Senior Bediening

Dr Braam le Roux

Dr Braam le Roux

Senior Bediening

Ds Francois Smit

Ds Francois Smit

Senior Bediening