Seniorbediening

* WhattsApp-groep

Ons het ‘n eie whattsapp-groep vir seniorbediening. Maak seker dat ons jou nommer het!

* Aftreeoorde

Ons het vyf aftreeoorde in die gemeente, by name: Villa Rose, Ons Tuis, Annie Schilz, Seniordal en Huis Herberg. Daar is elke Sondag ‘n erediens om 10:30 in die Dienssentrum (Ons Tuis) wat deur ongeveer 50 mense bygewoon word. Daar is die volgende gereelde Bybelstudiegroepe: Dinsdae Seniordal (9:30) en Annie Schilz (10:15). Die bediening by Villa Rose vind elke tweede Donderdag om 14:15 plaas en die bediening van Huis Herberg vind weekliks plaas.

* Bybelstudiegroepe

Daar is op Dinsdagoggende 8:30 ‘n vrouebybelstudiegroep en op Woensdae om 8:30 ‘n mannebybelstudiegroep by die kerk waarby lidmate kan inskakel.

 * Goue Gawes

Die Goue Gawes is ʼn dinamiese groep wat eenkeer `ʼn maand bymekaarkom om saam te kuier, op uitstappies te gaan, na interessante praatjies te luister en baie meer. As jy nuwe mense wil ontmoet of dalk net bietjie wil uitkom, is die Goue Gawes die regte plek vir jou. Hoop ons sien jou by ons volgende byeenkoms.

 * Ondersteunsgroep vir vriende/familie van persone met Demensie

Hierdie groep kom elke laaste Woensdag van die maand om 10:00 bymekaar onder leiding van ADASA (die vereniging vir demensie en alzheimers). Kom leer meer van demensie en ondersteun mekaar!

* Pilates-klasse

Daar word elke Woensdag om 9:00 ‘n pilates-klas vir seniors in die kerksaal aangebied! Kom ontspan en hou die lyf soepel solank moontlik!

Vir enige navrae rakende die bediening van ons senior lidmate kan Lena Brandt (079 436 6338) gekontak word of ook vir dr Michiel van der Merwe (082 462 3529/ mvdm360@gmail.com) die leraar verantwoordelik vir senior bediening.