Eredienste

Sondae 09:00 (Oggenddiens in kerkgebou)
Sondae 10:30 – Ons Tuis erediens
09:00 (Kinderkerk in die Parskuip)

Kinderkerk

Kinderkerk word Sondae van 9:00 af in die Parskuip aangebied. Dit is gemik op kleuters en jong kinders tot en met graad 3. Die program begin met lofprysing, gevolg deur gebed en die vertel van ʼn Bybelverhaal. Daarna is daar ʼn bak-en-brou of ʼn kunsprojek wat die verhaal uitbeeld. Ons kinders geniet die kinderkerk so baie dat hulle dikwels hulle ouers motiveer om hulle kerk toe te bring. Kontak Lucia Beukes by 082 498 2903 of Jackie Badenhorst by 083 229 3685 vir navrae.

VIRTUELE DIENSTE

Die virtuele erediensbediening fokus op die direkte uitsending en opnames van ons eredienste. Hierdie fasiliteite is ook beskikbaar vir ander dienste, en die direkte uitsendings is redelik gewild met roudienste. Die bediening is ook verantwoordelik vir die instandhouding en opgradering van die tegnologie wat die kerk benodig om steeds dié soort diens te kan lewer.

Bedieningsleier: Stanley Macmillan, 082 940 6073

Erediens “Live-Stream”

Elke erediens sal hier beskikbaar wees. Kom gerus elke week terug om dit te kyk!

Inligtingshokkie
Administratiewe ondersteuning aan gemeentelede is weer op Sondagoggende in die inligtingshokkie beskikbaar. Die inligtingshokkie sal ná die erediens ʼn halfuur lank oop wees en wel gedurende skoolkwartale.