Dankoffers

WAAROM DANKOFFERS?

  • Jy leer om van God afhanklik te lewe.
  • Jy sê só dankie!
  • Jy belê in God se Koninkryk en word ‘n vennoot daarin.
  • Jy wys aan watter geloofsgemeenskap jy jouself verbind.

DANKOFFER: WAAROM EN HOE?

WAT Sê DIE BYBEL?

“Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.” (2 Kor. 9:7)

“Wie is ek en wie is my volk dat ons die vermoë sou hê om sulke gawes te bring? Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het.” (1 Kron. 29:14)

“As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie. Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te kan help nie; maar sodat daar ewewig sal wees, moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help. So kom daar ewewig.” (2 Kor. 8:12-14)

“Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julle self ryker. Julle gawe is voor God ‘n offer met lie’ike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.” (Fil. 4:17,19)

HOE KAN EK MY DANKOFFER GEE?

Ons moedig lidmate aan om deur die gee van ‘n gereelde dankoffer deel te wees van die bediening van die gemeente en die uitleef van ons visie.

  • Al meer lidmate verkies om hul dankoffer deur middel van ‘n gereelde elektroniese oorbetaling te doen. Ons moedig dit graag aan.
  • Jy sou ook by die bank kon reël vir ‘n gereelde aftrekorder indien jy nie van elektroniese bankdienste gebruik maak nie.
  • Jy kan ook die SnapScan kode gebruik.

DANKOFFERS KAN OP VERSKILLENDE MANIERE BETAAL WORD:

EFT

  • NGGRiviera-Jakaranda
  • Absa, Gezina
  • Tak: 632005
  • Tjekrek: 0050580059
  • Verwysing: Dankoffer

DEBIETORDER

E-pos riviera03@mweb.co.za vir toestemming, waaronder die volgende:

Naam van rekening, Bank en tak’ Rekeningnommer, Bedrag:

SNAPSCAN

Hoe betaal ek met SnapScan?

Laai eers die toepassing (app) af.

Soek op jou selfoon se App Store die SnapScan-inligting, of besoek die www.GetSnapScan.co.za tuisblad vir skakels na die Apple Store, Google Play en Blackberry Wêreld platforms. Maak die SnapScan App oop en tik op ‘scan’. Hou dan bloot jou slimfoon se kamera oor die unieke NGG Riviera Jakaranda SnapCode (die QR-kode, of vierkantige strepieskode) soos hier vertoon om te skandeer.

Snapscan<br />

TESTAMENTÊRE BEMAKING

Het jy dit al oorweeg om ‘n klousule in jou testament te voeg om seker te maak dat ons gemeente selfs in jou dood in staat sal wees om met ons werk aan te gaan?