Belangrike Inligting
Nuwe Intrekkers:
Vul die toepaslike vorm, verkrygbaar online, by die kerkkantoor of Sondae by die inligtingslokaal, in en gee dit by die inligtingslokaal of kerkkantoor in.
Doop:
Doopgeleenthede vind normaalweg elke 2de Sondag van die maand plaas. Kontak u leraar en vul ook die doopvorm in (by die inligtingslokaal verkrygbaar).
Siektes, sterftes en begrafnisse:
Verwittig u leraar of kerkkantoor persoonlik.
Huwelike:
Skakel so gou moontlik met die leraar of die kerkkantoor om die nodige reëlings ten opsigte van die huweliksbevestiging te tref.
Voorbidding:
Kontak gerus die kantoor.
