Wat gebeur by ons jeugbediening?
Ons glo dat kinders en babas welkom in ons eredienste is. As jy as ouer egter meer privaatheid soek of bekommerd is dat jou baba die mense om julle mag steur, is jy welkom om na die babakamer te gaan en die diens deur die klankdigte vensters te volg. Die vertrek langs die konsistorie is ingerig as ‘n babakamer.
Kinderkerk
Kinderkerk word Sondae van 9:00 af in die Parskuip aangebied. Dit is gemik op kleuters en jong kinders tot en met graad 3. Die program begin met lofprysing, gevolg deur gebed en die vertel van ʼn Bybelverhaal. Daarna is daar ʼn bak-en-brou of ʼn kunsprojek wat die verhaal uitbeeld. Ons kinders geniet die kinderkerk so baie dat hulle dikwels hulle ouers motiveer om hulle kerk toe te bring. Kontak Lucia Beukes by 082 498 2903 of Jackie Badenhorst by 083 229 3685 vir navrae.
Graad 2-6
Hierdie kinders kom Sondae eers kerk toe. Ná die “kindertyd” in die erediens word hulle na hulle klasse begelei.
Graad 7-10
Hierdie groep woon die erediens by en het dan hulle kategese ná die erediens in die konferensielokaal langs die kerkkantoor.
Belydenisgroep
Indien jy hierdie jaar belydenis van jou geloof wil aflê, moet jy ons predikant kontak om spesiale reëlings te tref.
Skakel vir Walda van Zyl vir meer inligting oor ons jeugbediening: 082 775 2959.
