HospiVisie

Ondersteuning en Berading by Hospitale

HospiVisie is ʼn nie-winsgewende organisasie wat ondersteuning en berading verskaf aan pasiënte, hulle families en personeellede in Steve Biko Akademiese Hospitaal en Tshwane Distrik Hospitaal.

Daar is verskeie kantore in ander staatshospitale. Ons visie is “Touching Lives. Giving hope”. Ons werk saam met ʼn span deskundiges om op holistiese wyse na mense om te sien. Soos wat die fisiese liggaam gesond moet word, moet daar ook genesing op emosionele en spirituele gebied plaasvind.

By die “Oase” word pasiënte met MIV en Vigs daagliks versorg met ʼn gebalanseerde bord kos, asook word hulle opgelei in sekere vaardighede.

HospiVisie is baie afhanklik van die hulp van vrywilligers. Daarom word daar gereeld kursusse aangebied in Basiese Hospitaal Pastoraat. Daar is ook kursusse in traumaberading, omdat berading gegee word aan pasiënte en hulle naasbestaandes in die trauma-afdeling van die hospitaal.

Vrywilligers van kerke in die omgewing verleen ook hulp in die verskaffing van tee en koffie in die trauma-afdeling.

Retha Kruidenier, die toesighouer van die Steve Biko Akademiese Hospitaal se kantoor, tree op as skakel tussen Riviera-Jakaranda en HospiVisie. Verder is sy betrokke by pasiënte-ondersteuning, terapie, opleiding en die organisering van vrywilligers.

Retha Kruidenier

Retha Kruidenier

Toesighouer by HospiVisie Steve Biko Kantoor