Gemeentebediening

Die volgende subbedieninge ressorteer onder Gemeentebediening: Jeug/Kategese, Seniors, leer en aktuele sake/Toerusting en Koinonia.

Ons gemeente, as liggaam van Christus, is ʼn ruimte waarbinne lidmate mekaar met hul gawes bedien en geestelik opbou. Dit beteken dat ons as “gemeenskap van gelowiges” konkreet omgee vir mekaar, mekaar versorg en ook geleenthede skep waarin ons na mekaar en saam na God se Woord luister.

Ons onderlinge gemeenskap vind op verskillende maniere plaas:

KINDER-, JEUG- EN KATEGESEBEDIENING

Volgelinge van Jesus moet geestelik groei en toegerus word. Ons glo dat God geloof in ons werk, maar dat dit ook van kleins af in ons gevorm word. Ons bly egter ook as volwassenes in ons geloof groei. Die geestelike toerusting en bemagtiging van volwassenes is daarom ook vir ons belangrik.

Kinderkerk

Kinderkerk word Sondae van 9:00 af in die Parskuip aangebied. Dit is gemik op kleuters en jong kinders tot en met graad 3. Die program begin met lofprysing, gevolg deur gebed en die vertel van ʼn Bybelverhaal. Daarna is daar ʼn bak-en-brou of ʼn kunsprojek wat die verhaal uitbeeld. Ons kinders geniet die kinderkerk so baie dat hulle dikwels hulle ouers motiveer om hulle kerk toe te bring. Kontak Lucia Beukes by 082 498 2903 of Jackie Badenhorst by 083 229 3685 vir navrae.

Kategesegroepe vir ouer kinders en tieners

Die kategese word Sondagoggende ná die erediens op ʼn opwindende wyse vir ons kinders en tieners aangebied. Intieme verhoudings met die kinders is vir ons ongelooflik belangrik. En dis ‘n veilige plek vir die kinders om die moeilike vrae in die lewe te vra.

Kerkraadsverteenwoordiger (Jeug): Walda van Zyl  

Belydenisklas

Die gemeente skep ook die geleentheid vir jongmense en volwassenes om op hul doopbelofte te antwoord deur in die openbaar voor die gemeente belydenis van hul geloof af te lê. Kontak ds. Marietjie Glas by 076 235 7837 vir navrae.

SENIORS

Aftreeoorde

Ons het vier aftreeoorde in die gemeente, by name: Villa Rose, Ons Tuis, Seniordal en Huis Herberg. Die bediening van Ons Tuis word gedeel deur die voltydse leraars, ds. Stanwin Street (079 525 5695) en ds. Marietjie Glas (076 235 7837). Daar is elke Sondag ‘n erediens om 10:30 in die Dienssentrum wat deur ongeveer 50 mense bygewoon word. Daar is ook ʼn Bybelstudiegroep Dinsdae 09:00 by Annie Schilz-woonstelblok in Ons Tuis, wat deur lidmate van verskillende kerke bygewoon word. Seniordal se Bybelstudiegroep kom op Dinsdae 09:45 bymekaar. Die bediening by Villa Rose vind elke tweede Donderdag om 14:15 plaas en die bediening van Huis Herberg vind weekliks plaas. Vir enige navrae rondom die bediening van ons senior lidmate kan Lena Brandt 079 436 6338 gekontak word.

Kerkraadsverteenwoordiger: Lena Brandt  

Goue Gawes

Die Goue Gawes is ʼn dinamiese groep wat eenkeer `ʼn maand bymekaarkom om saam te kuier, op uitstappies te gaan, na interessante praatjies te luister en baie meer. As jy nuwe mense wil ontmoet of dalk net bietjie wil uitkom, is die Goue Gawes die regte plek vir jou. Hoop ons sien jou by ons volgende byeenkoms. As jy wil inskakel of net meer wil weet oor die groep of wanneer hulle weer bymekaar kom, kontak gerus die kerkkantoor of vir ds. Stanwin Street.

LEER EN AKTUELE SAKE/TOERUSTING

Woordgesprek

Ons het ook toerustingsgeleenthede vir volwassenes wat in reekse aangebied word. Die Woordgesprek word kwartaalliks aangebied met tussen 4 en 6 sessies in ʼn reeks. Die doel is om die horison van die Woord en die horison van ons lewens en wêreld met mekaar te versmelt, sodat ons as gelowiges met hoop en onderskeidingsvermoë in ons land en wêreld kan leef. Kontak gerus vir ds. Stanwin Street by 079 525 5695 indien u vrae het.

Kerkraadsverteenwoordiger: Vakant

KOINONIA

Die Griekse woord “koinonia” beteken “gemeenskap” en dui op ons eerlike, luisterende en vreugdevolle saamwees as gelowiges by mekaar in God se teenwoordigheid.

Groepe

Groepe is ons primêre kontakpunt binne die gemeente. Groepe neem verskillende vorme in die gemeente aan. Sommige kom elke week bymekaar, ander elke twee weke en party elke maand. Daar is groepe vir mans, vroue, kinders, studente en jong volwassenes en ook vir ouer lidmate. Baie van ons bedieningsgroepe funksioneer ook as kleingroepe wat mekaar versorg en ondersteun. Kontak gerus ds. Marietjie Glas by 076 235 7983 vir meer inligting.

Nuwe Intrekkers

Die inskakeling van nuwe intrekkers en nuwe lidmate is vir ons baie belangrik. Nuwe lidmate word direk deur een van die leraars besoek. Die gemeente is in twee dele gedeel en die leraar wat deur die kerkraad aan u toegewys is, sal u tuis besoek. Dit is ʼn geleentheid om mekaar beter te leer ken en waartydens u ook kan ontdek hoe die gemeente funksioneer en hoe u by die gemeente kan inskakel. Kontak gerus vir Lize von Solms in ons kerkkantoor by 0123293601 vir navrae.

Kerkraadsverteenwoordiger: Vakant