Administratiewe Bediening

Die Administratiewe Bediening is verantwoordelik vir die interne administrasie van die gemeente. Die bediening bestaan uit vier subbedieninge, naamlik:

  • Diensverhoudinge
  • Eiendomme
  • Finansies
  • Fondsinsameling

DIENSVERHOUDINGE

Diensverhoudinge bestuur alle diensverhoudinge tussen die kerkraad as die werkgewer en alle werknemers van die gemeente. Dit sluit tipies personeelbestuurstake soos werwing, keuring, aanstelling, vergoeding, tug of dissipline, verlofreëlings, opleiding en ontwikkeling en diensbeëindiging in.

Kerkraadsverteenwoordiger: Cornél Uys

EIENDOMME

Eiendomme is verantwoordelik vir die bestuur en instandhouding van alle vaste bates van die gemeente soos die kerkgebou, ander geboue op die kerkterrein en residensiële eiendomme. Die bediening hanteer ook die verhuring van eiendom.

Kerkraadsverteenwoordiger: Vakant

FINANSIES

Finansies bestuur die begroting, inkomstebronne en kontantbeleggings van die gemeente en poog om die inkomstepotensiaal van ons bestaande bates te optimaliseer. Dit sluit toesig oor alle inkomste en uitgawes van die gemeente in.

Kerkraadsverteenwoordiger: Johan Oberholster

FONDSINSAMELING

Fondsinsameling identifiseer en koördineer fondsinsamelingsgeleenthede in die gemeente.

Kerkraadsverteenwoordiger: Rolin du Toit

KERKKANTOOR EN INLIGTINGSHOKKIE

Die kerkkantoor is vir die gemeente soos die hartklop van die liggaam.

Lize von Solms is verantwoordelik vir die gemeente se kantooradministrasie. Dit behels ‘n wye spektrum funksies: van die byhou van die databasis van gemeentelede tot die uitreik van kwitansies, die beantwoording van oproepe en praktiese dag-tot-dag-ondersteuning van bedieninge en leraars om die gemeentelike werksaamhede glad te laat verloop.

Lize is ook, in samewerking met die Finansiële Bediening, verantwoordelik vir alle finansiële aspekte binne die gemeente, soos die opstel van die begroting, dag-tot-dag-betalings, personeel se salarisse en die gereelde uitreik van finansiële state.

As verlengstuk van die kantoor is die inligtingslokaal ‘n paar jaar gelede in gebruik geneem. Hier kan gemeentelede (en besoekers) gedurende die skoolkwartale ná die Sondagoggenddienste kom aanklop vir inligting, vorms, ens. Dit is veral nuttig vir lidmate wat nie gedurende die week by die kerkkantoor kan uitkom nie, maar word nog nie 100% benut nie. Heinrich Ohlhoff, Lize von Solms, Hetta Pieterse en Adri Theron doen op Sondae om die beurt diens.

Koster en Algemene Assistent

Herman Booysen is die koster en is verantwoordelik vir die algemene toesig oor en onderhoud van die kerkgeboue en -terrein, asook die voorbereiding van die verskillende lokale vir eredienste, bidure, vergaderings, roudienste en ander sosiale geleenthede.

Calvin Bodiroa is ons algemene assistent en is verantwoordelik vir die skoonmaak van die kerkgeboue en -terrein en die instandhouding van die tuin.