Getuienisbediening
Om die evangelie verder te vertel aan alle mense
Die Getuienisbediening bestaan uit die volgende lede: Martien Bac (voorsitter), Maria van der Merwe, Lydia Gittens, Retha Kruidenier, Brenda Swart en Marietjie Bergh.
Die doel van die bediening is: om die evangelie, die Goeie Nuus, verder te vertel en aan alle mense wat dit wil hoor te verduidelik en hulle te nooi om in Jesus te glo en Hom te volg.
Ons werk deur HospiVisie in Tshwane distrikshospitaal en Steve Biko akademiese hospitaal met pastorale besoekwerk en vaardigheidsopleiding by die Oase. Lydia werk saam met die Laudium Outreach-groep in Laudium. Ons het ook begin om in Melgisedek uit te reik. Daar word met die interns wat by Hospivisie in SBAH werk patiente bespreek en daar word hulle geleer hoe om spiritualiteit en geloof in hulle werk te integreer. Daar is kontakte met Elri Thomas wat in die Midde Ooste werk en met Dr Frikkie Kellerman wat in Indië werk en daar saam met Health Care Fellowship (HCF) werk. Aan die einde van 2021 is besluit dat die getuienisbediening sal saamgaan met die barmhartigheidsbediening en een eerste vergadering is gehou.
Vir mense wat by hierdie aksies betrokke wil raak, wil ons graag meer inligting gee en hulle kan die voorsitter kontak: Martien Bac, mbac52@gmail.com of 079 589 6688.
