Erediensbediening

Ons fokus wat in die hart van ons gemeente lê

Erediensbediening het as fokus dit wat in die hart van ons gemeente lê, te wete eredienste en ander aanbiddingsgeleenthede.

Die bediening word so saamgestel dat al die leraars en musiekleiers, asook verteenwoordigers van die verskillende eredienste sover moontlik verteenwoordig word.

Ons streef daarna om beide ouer en jonger lidmate by die bediening se werksaamhede te betrek. Vergaderings fokus onder meer op kwartaallikse terugvoer oor eredienste en aanbiddingsgeleenthede, asook die beplanning van toekomstige geleenthede.

Saam met Eiendomsbediening word daar aandag gegee aan toepaslike en noodsaaklike infrastruktuur en die gepaste inrigting van aanbiddingsruimtes, asook die onderhouding daarvan.

Gasvryheidsbediening word in oorleg met die omgeegroepleiers bestuur, terwyl die begroting binne die raamwerk van Finansiële bediening (Finkom) se besluite en beleid hanteer word.