Diensverhoudinge Bediening

Oorhoofse bestuur van die gemeente se personeel

Die Diensverhoudinge-bediening bestaan tans uit Cornel Uys (voorsitter), Paul du Plessis, Gerhard Hildebrand en André Terblanche.

Die Bediening is namens die kerkraad verantwoordelik vir die oorhoofse bestuur van die gemeente se personeel.

Die verantwoordelikhede van die Bediening sluit onder andere die volgende in:

  • die werwing, keuring en aanstelling van personeel
  • die vasstelling van die organisasie- en postestruktuur van die gemeente
  • personeelbeleidskwessies
  • die opstel van ʼn personeelbegroting
  • die handhawing van gesonde arbeidsverhoudinge.

Enige lid van die gemeente wat oor ʼn personeelbestuur-, arbeidsverhoudinge- of regsagtergrond beskik en wat graag hierby betrokke wil raak, is welkom om Cornel by 082 499 7577 te kontak.

Cornel Uys

Cornel Uys

Voorsitter van Diensverhoudinge